Press release

Kelders van Geheime | Die karakters is hier

Persvrystelling

20 Maart 2024

 

Legendariese TV- en verhoog-akteurs, bekende gesigte, en nuwe, vars talent is op die spyskaart in e.tv se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama KELDERS VAN GEHEIME.

Die reeks, wat handel oor die wel en weë van ‘n gemeenskap wat op Soebatskloof (’n wynplaas in die Boland) woon, fokus op drie families: die Abrahams -, Syster- en Marais-huishoudings. Hierdie families moet saamstaan, saam stem, en bowenal saamwerk om hul brood en botter – en ’n glas wyn! – te verdien.

 

DIE ABRAHAMS-GESIN
Edmund Abrahams (Duane Williams) is die wynmaker op Soebatskloof, en Nenna Abrahams (Vinette Ebrahim) is die afgetrede huishoudster en gasvryheidsbestuurder wat Edmund ‘ma’ noem.

 

DIE SYSTERS- HUISHOUDING
Joey Syster (Cedwyn Joel) is die patriarg van die Syster-familie, en woon en werk al sy hele lewe op Soebatskloof. Sandy (Riana Alfreds) is Joey se dogter, en het  Nenna se verantwoordelikhede oorgeneem. Sandy se oudste dogter Debbie-Lee (Veronique Jephtas) werk saam met haar, terwyl haar jongste, Shireen (Vashti Prins) haarself vestig as ‘n algemene praktisyn in die Wynland. Phillip Smith (Dean Balie) is die man in Debbie-Lee se lewe.

 

DIE MARAIS-FAMILIE
Die Marais-familie bly al vir dekades op Soebatskloof. Charl Marais Senior (Nic de Jager) is eienaar van die wynplaas, terwyl sy tweede vrou Hermien Marais (Sandra Prinsloo) haarself besig hou met beeldhouwerk.

 

Tjoppie Marais (Geon Nel) is Hermien se seun uit haar eerste huwelik. Tjoppie het saam met Charl Senior se kinders uit sy eerste huwelik grootgeword. Charl Marais Junior (David Chevers) woon in London, en Annette Fourie (Ashley de Lange) bly in Australië saam met haar rugbyspeler-man, Du Toit Fourie (Zak Hendrikz). Lynn Fourie (Illse Roos) is Du Toit se “Sosiale Vlinder van die Wynlande” mamma.

 

Veronique (Rushney Ferguson), Tjoppie se vrou, is die bestuurder van die restaurant op die plaas. CJ (Angelo Johnson), die egpaar se oudste kind, is vanjaar ‘n matrikulant by Simonsvallei Gimnasium, waar Marco (Angelo Bergh), die egpaar se jongste, nou in Graad 11 is.

 

DIE HULP

’n Mens hoef nie jou oë op te slaan na die berge vir hulp in hierdie geweste nie! Rijk Nel (Marcel van Heerden) is die Marais-familie se rekenmeester, terwyl Dewald Piedt (Abduragman Adams) die familie se getroue prokureur is. Mercy (Tyral-Lee Miggels), Gabby (Karli Heine), Jason (Ben Albertyn), en Armand (Robert Hindley) is die kelners wat kliënte gelukkig hou. Stil Piet (Jurgen McEwan), Bismarck (Lorenzo Syster), Napoleon (Ivan Abrahams), en Nicodemus (Jason van Wyk) is van die werkers op die bedrywige plaas. In een van talle verrassende wendings, maak Brümilda van Rensburg ook ’n draai op die plaas.

 

KELDERS VAN GEHEIME word eksklusief op e.tv uitgesaai van Maandag tot Vrydag.  Kykers kan die eerste episode van hierdie nuwe opwindende Afrikaanse daaglikse drama op die kleinskerm verwag in Mei.

***********

Press Release

20 March 2024

 

Legendary TV and theatre actors, famous faces, and new, fresh talent are on the menu in e.tv’s first locally produced Afrikaans daily drama KELDERS VAN GEHEIME.

 

The series, which is based on the wheelings and dealings of the community that lives on Soebatskloof (a wine farm in the Cape), focuses on three families: the Abrahams, Syster, and Marais households. These families will have to stand together, agree (or agree to disagree), and work together to earn their bread and butter – and a glass of wine!

 

THE ABRAHAMS FAMILY
Edmund Abrahams (Duane Williams) is the wine maker on Soebatskloof, and Nenna Abrahams (Vinette Ebrahim) is the retired housekeeper and hospitality manager  whom Edmund calls ‘mother’.


THE SYSTERS HOUSEHOLD
Joey Syster (Cedwyn Joel) is the patriarch of the Syster family, and has lived and worked on Soebatskloof his entire life. Sandy (Riana Alfreds) is Joey’s daughter, and has taken over Nenna’s responsibilities. Sandy’s eldest daughter Debbie-Lee (Veronique Jephtas) works with her, while her youngest, Shireen (Vashti Prins) is establishing herself as a general practitioner in the Winelands. Phillip Smith (Dean Balie) is the man in Debbie-Lee’s life.

 

THE MARAIS DYNASTY
The Marais family has lived on Soebatskloof for decades. Charl Marais Senior (Nic de Jager) is the owner of the wine farm, while his second wife Hermien Marais (Sandra Prinsloo) keeps herself busy as an sculptor.

 

Tjoppie Marais (Geon Nel) Is Hermien’s son from her first marriage. Tjoppie grew up with Charl Senior’s children from his first marriage. Charl Marais Junior (David Chevers) lives in London, and Annette Fourie (Angela de Lange) lives in Australia with her rugby player husband Du Toit Fourie (Zak Hendrikz). Lynn Fourie (Illse Roos) is Du Toit’s “Social Butterfly of the Winelands” mommy.

 

Veronique (Rushney Ferguson), Tjoppie’s wife, is the manager of the restaurant on the farm. CJ (Angelo Johnson), the couple’s eldest child, is a matriculant at Simonsvallei Gymnasium, where Marco (Angelo Bergh), the couple’s youngest, is now in Grade 11.

 

THE HELP

One doesn’t have to look to the mountains for help in this neck of the woods! Rijk Nel (Marcel van Heerden) is the Marais family’s accountant, while Dewald Piedt (Abduragman Adams) is their trusty lawyer. Mercy (Tyral-Lee Miggels), Gabby (Karli Heine), Jason (Ben Albertyn), en Armand (Robert Hindley) are the waiters that keep clients happy. Stil Piet (Jurgen Mcewan), Bismarck (Lorenzo Syster), Napoleon (Ivan Abrahams), en Nicodemus (Jason van Wyk) are some of the workers on the industrious farm. In one of many surprising turn of events Brümilda van Rensburg also pays the farm a visit.

 

KELDERS VAN GEHEIME can be exclusively experienced on e.tv from Mondays to  Fridays – and viewers can expect the first episode of this new and exciting Afrikaans daily drama on the small screen in May.