Press release

n Nuwe era vir Afrikaans sien die lig!

Afrikaanse kykers (en liefhebbers van Afrikaanse inhoud) kan uitsien na splinternuwe boeiende en opwindende stories met die bekendstelling van e.tv se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama.

e.tv, in samewerking met KFilms, werk reeds ‘n jaar lank aan hierdie daaglikse drama en het in Januarie 2024 met verfilming begin naby Franschhoek.

“Die eMedia oorgeklankte Afrikaanse inhoud is baie goed ontvang deur ‘n groot verskeidenheid van gehore regoor Suid-Afrika, en ons is opgewonde om iets eie aan Suid-Afrika aan ons gehoor te bied waarmee hulle sal kan vereenselwig en resoneer,” sê Helga Palmer, Groephoof van Inhoud Ontwikkeling by e.tv. “Daar is ‘n groot aanvraag vir plaaslike Afrikaanse inhoud en eMedia het geluister na sy Afrikaans-sprekende gehoor. Ons bied hulle KELDERS VAN GEHEIME, e.tv se eerste plaaslik vervaardigde daaglikse drama, in reaksie tot hul stemme. Die reeks sal nostalgie teweeg bring met die Afrikaanse legendes wat deel is van die rolverdeling, maar dit bring ook vars gesigte, nuwe talent, en ‘n ander wêreld wat nog nooit verken is in ons plaaslike daaglikse dramas nie. Ons sien uit daarna om iets nuut en opwindend aan ons geliefde gehoor te bied.”

KELDERS VAN GEHEIME fokus op die intriges van drie huisgesinne wat hul brood en botter – en ‘n glas wyn!  - verdien op ‘n wynplaas in die Kaap. Die rolverdeling van die reeks, asook ‘n reeksopsomming, sal later in die maand bekend gemaak word.

Vuyelwa Booi, hoof van plaaslike programme vir e.tv, is opgewonde om nog Afrikaans by te voeg tot die kanaal se rooster van kykgenot. “In die laaste paar weke is die aanbod vir Afrikaanse liefhebbers drasties verminder – en dit het die geleentheid versterk wat ons vroeg verlede jaar geidentifiseer het. e.tv is trots daarop om ook ‘n eg Suid-Afrikaanse daagikse drama by sy aanbod te voeg – en ‘n huis vir Afrikaanse kykers te bied.

KFilms se Karen Meiring en Theltom Masimila, is hard aan die werk om die reeks te vervaardig. “Ons is opgewonde om lekker stories na die baie lojale Afrikaanse kyker te bring,” sê Meiring.

“Ek en Karen is passievol daaroor om gehore volle toegang tot plaaslik vervaardigde Afrikaanse inhoud te bied – en e.tv het dit nou moontlik gemaak!” sê Masimila. “Hierdie nuwe daaglikse drama is ‘n storie vir almal. Die fokus van die reeks is op die plaasgemeenskap en die aard van wyn-boerdery – en word op ‘n werkende plaas geskiet waar dinge letterlik en figuurlik warm raak!” verklap Masimila. “

KELDERS VAN GEHEIME sal eksklusief op e.tv geniet kan word van Maandag tot Vrydag – en kykers kan die eerste episode van hierdie nuwe opwindende Afrikaanse daaglikse drama op die kleinskerm verwag in Mei.

***********

 

A new era for Afrikaans sees the light!

Afrikaanse viewers (and lovers of Afrikaans content) can look forward to brand new compelling and exciting viewing stories to viewers with the introduction of e.tv’s first locally produced Afrikaans daily drama.

e.tv, in partnership with KFilms, has been working on this daily drama for the past year, which started filming in January 2024 near Franschhoek.

“The eMedia dubbed Afrikaans content has been very well received by a wide variety of audiences across South Africa, and we are excited to be able to offer our audience something authentically South African that they can relate and resonate with,” says Helga Palmer, Group Head of Content Development at e.tv. ‘There is a huge demand for local Afrikaans content and eMedia has listened to the Afrikaans-speaking audience, and in response we offer them, KELDERS VAN GEHEIME, e.tv’s very first original locally produced daily drama. The show will bring nostalgia with the Afrikaans legends we have as part of our cast, but it also brings fresh faces, new talent, and a different world that has never been explored in our local daily dramas. We look forward to offering our beloved audience something new and exciting to look forward to.”

KELDERS VAN GEHEIME focuses on the intrigues of three households that earn their bread and butter – and a glass of wine! – on a wine farm in the Cape. The cast and an overview of the daily drama will be revealed later in this month.

Vuyelwa Booi, head of local programming at e.tv, is excited to add more Afrikaans to the channel’s roster of offerings. “In the last few weeks the offering to lovers of Afrikaans has been drastically reduced – and this has strengthened the opportunity that we identified early on last year. e.tv is proud to add a truly South African daily drama to its showcase – and to offer Afrikaans viewers a home.

KFilms’ Karen Meiring and Theltom Masimila are hard at work producing the series. “We are excited to bring ‘lekker’ stories to the very loyal Afrikaans audience,” says Meiring.

“Karen and I are passionate about bringing audiences full access to locally produced Afrikaans content – and e.tv has now made it possible!” says Masimila. “This new daily drama is a story for everyone. The focus of the show is on the farming community and the nature of wine farming – and is filmed on an existing working farm where things get really hot, literally and figuratively speaking!”

KELDERS VAN GEHEIME can be enjoyed exclusively on e.tv from Mondays to Fridays – and viewers can catch the first episode of this exciting new Afrikaans daily drama on the small screen in May.